1 Samuel 9:6 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hy sê vir hom: Kyk tog, daar is in hierdie stad 'n man van God, en hy is 'n eerbare man; alles wat hy sê, gebeur sekerlik; laat ons nou daarheen gaan; miskien kan hy ons die pad wys wat ons moet gaan. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Maar die jong man sê: “Wag ’n bietjie, daar is ’n man van God in hierdie dorp. Hy word deur almal hoog geag omdat alles wat hy sê waar word. Laat ons eers na hom toe gaan. Dalk kan hy vir ons sê waar die donkies is.” |
| Afrikaans 1933/1953 | En hy antwoord hom: Maar kyk, in hierdie stad is 'n man van God, en die man is geëerd: alles wat hy spreek, kom sekerlik uit; laat ons nou daarheen gaan; miskien kan hy ons inlig oor die tog wat ons onderneem het. |
| Afrikaans 1983 | Die slaaf sê toe vir Saul: “Nee, wag! In hierdie stad is 'n man van God. Dié man geniet hoë aansien. Alles wat hy sê, gebeur net so. Kom ons gaan soontoe. Dalk kan hy vir ons sê waar om te soek.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die handlanger antwoord hom toe: “Kyk, in hierdie dorp is daar 'n man van God, en dié man word hoog geag. Alles wat hy sê, gebeur werklik. Kom ons gaan nou daarheen. Miskien kan hy vir ons die pad aandui waarop ons moet gaan.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die slaaf het vir Saul gesê: “Nee wag, daar is 'n man van God in hierdie stad. Die mense respekteer hom baie, want alles wat hy sê, gebeur soos hy gesê het. Kom ons gaan na hom toe, miskien kan hy vir ons sê waar ons moet soek.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Maar die werker sê vir hom: “Weet u, ek hoor in hierdie dorp is daar ’n Godsman. Die mense het respek vir hom, want al sy woorde word waar. Kom ons gaan soontoe, miskien kan hy vir ons sê waar om te soek.” |