1 Samuel 9:4 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hy het deur die gebergte van Efraim getrek en deur die land Salisa getrek, maar hulle het hulle nie gevind nie; en hulle het deur die land Salim getrek, en daar was hulle nie; en hy het deur die land van die Benjaminiete getrek, maar hulle het hulle gekry nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hulle het oral in die Efraimsberge gesoek, in die Salisa-omgewing, die Saälimgebied en die hele Jeministreek. Hulle kon die donkies egter nêrens kry nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | Hy het toe die gebergte van Efraim deurgegaan en die land Sal¡sa deurgegaan, maar hulle nie gekry nie; en hulle het die land S älim deurgegaan, maar daar was niks nie; en hy het die land Benjamin deurgegaan, maar hulle het niks gekry nie. |
| Afrikaans 1983 | Hulle het die Efraimsberge deurkruis; hulle het die Salisastreek ook deurkruis, maar niks gekry nie. Hulle het die Saälimgebied deurkruis, maar daar was niks. Hulle het toe die Jeministreek deurkruis en ook niks gekry nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hulle het oor die heuwelland van Efraim gegaan, ook deur die Salisastreek, maar niks gekry nie. Toe het hulle deur die Saälimstreek gegaan, maar ook daar was niks. Hulle het deur die landstreek van Benjamin gegaan, maar niks gekry nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Saul en die slaaf het by die Efraim-berge verbygegaan en toe verby die Salisa-distrik, maar hulle het nie die donkies gekry nie. Toe het hulle verby die Saälim-distrik en verby die Jemini-distrik gegaan, maar hulle het die donkies ook nie daar gekry nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Saul en die werker het oral gesoek: in die bergland van Efraim en in die omgewing van Salisa, Saälim en Jemina. Hulle kon die donkies nêrens kry nie. |