1 Samuel 9:3 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die esels van Kis, die vader van Saul, het verlore gegaan. En Kis sê vir sy seun Saul: Neem tog een van die dienaars saam met jou en maak jou klaar, gaan soek die esels.
Afrikaans (NLV) 2011 Eendag het die donkies van Kis, Saul se pa, weggeraak. Hy sê toe vir Saul: “Vat een van die jong manne saam met jou en gaan soek na die donkies.”
Afrikaans 1933/1953 En toe die eselinne van Kis, die vader van Saul, weggeraak het, sê Kis aan sy seun Saul: Neem tog een van die dienaars met jou saam en maak jou klaar, gaan soek die esels.
Afrikaans 1983 Toe daar op 'n keer donkies van Kis, Saul se pa, weggeraak het, het hy vir sy seun Saul gesê: “Vat een van die slawe saam, maak klaar en gaan soek die donkies.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Donkiemerries van Kis, Saul se vader, het soek geraak. Kis het vir sy seun Saul gesê: “Neem een van die handlangers saam met jou, maak self gereed en gaan soek die donkiemerries.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Kis se donkies het weggeraak, en hy het vir sy seun Saul gesê: “Jy moet asseblief een van die slawe saam met jou neem en julle moet die donkies gaan soek.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Toe Kis se donkiemerries op ’n keer wegraak, sê hy vir Saul: “Vat een van die werkers en gaan soek die donkies.”