1 Samuel 9:27 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En terwyl hulle afgaan na die einde van die stad, sê Samuel vir Saul: Besê die dienaar om voor ons uit te gaan (en hy het verder gegaan), maar staan 'n rukkie stil, dat ek jou die woord van God kan verkondig. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Toe hulle buite die dorp kom, sê Samuel vir hom: “Gee die jong man opdrag om vooruit te loop, maar jy moet hier bly staan, want ek het ’n boodskap van God vir jou.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Terwyl hulle by die einde van die stad afdaal, sê Samuel vir Saul: Beveel die dienaar dat hy voor ons uit verder gaan -- en hy het verder gegaan -- maar staan jy eers stil, dat ek jou die woord van God kan laat hoor. |
| Afrikaans 1983 | Hulle het gegaan tot by die stadsgrens en Samuel het vir Saul gesê: “Beveel die slaaf om vooruit te loop; maar wag jy eers sodat ek vir jou kan vertel wat God gesê het.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Terwyl hulle besig was om langs die dorp af te gaan, het Samuel vir Saul gesê: “Sê vir die handlanger hy moet voor ons uit gaan; maar jy moet eers 'n bietjie wag, sodat ek jou die woord van God kan laat hoor.” Die handlanger het toe vooruit gegaan. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hulle het geloop en toe hulle amper uit die stad was, het Samuel vir Saul gesê: “Sê vir die slaaf hy moet verder gaan. Maar jý moet nou hier bly staan sodat ek vir jou kan sê wat God gesê het.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hulle het teen die bult afgegaan tot buite die dorp. Daar sê Samuel vir Saul: “Sê vir die werker hy moet solank vooruitgaan. Bly jy ’n bietjie staan, want ek het ’n boodskap van God vir jou.” Die werker het toe vooruitgegaan. |