1 Samuel 9:25 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En toe hulle van die hoogte afkom in die stad, het Samuel op die top van die huis met Saul gespreek.
Afrikaans (NLV) 2011 Daarna, nadat hulle van die hoogte af terug na die dorp toe gegaan het, het Samuel op die dak van die huis met Saul gepraat.
Afrikaans 1933/1953 Daarop het hulle van die hoogte afgegaan die stad in, en hy het met Saul gespreek op die dak.
Afrikaans 1983 Daarna het hulle van die hoogte af na die stad toe gegaan. En Samuel het met Saul op die huis se dak gepraat.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hulle het daarna van die offerhoogte na die dorp afgegaan. Samuel het op die dak van sy huis met Saul gepraat.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Daarna het hulle van die offer-plek afgegaan na die stad. Samuel het op sy huis se dak met Saul gepraat.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Toe hulle van die offerplek af teruggegaan het dorp toe, het Samuel met Saul op die dakstoep van die huis gepraat.