1 Samuel 9:24 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die kok het die skouer opgeneem en wat daarop was, en dit voor Saul neergesit. En Samuel sê: Kyk wat oor is! Sit dit voor jou neer en eet, want tot nou toe is dit vir jou bewaar vandat Ek gesê het: Ek het die volk genooi. So het Saul daardie dag saam met Samuel geëet. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die kok bring toe die boud vleis en sit dit neer voor Saul. Samuel sê toe: “Eet wat aan jou voorgesit is. Ek het dit vir jou gebêre voordat ek die ander genooi het!” So het Samuel en Saul op dié dag saamgeëet. |
| Afrikaans 1933/1953 | Die kok dra toe die boud op met wat daaraan was, en sit dit voor Saul neer. En Samuel sê: Kyk, wat oorgebly het, is voor jou gesit; eet, want teen die bestemde tyd is dit vir jou bewaar toe ek gesê het: Ek nooi die volk. So het Saul dan die dag saam met Samuel geëet. |
| Afrikaans 1983 | Die kok het die boud vleis gevat en voor Saul neergesit, en Samuel het vir hom gesê: “Dit is wat uitgehou is. Eet wat voor jou neergesit is, want vir hierdie geleentheid is dit vir jou gebêre toe ek die mense genooi het.” So het Saul dan daardie dag saam met Samuel geëet. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die kok het die skenkel en die vleis daaraan opgetel en dit voor Saul neergesit. Toe sê Samuel: “Kyk, wat uitgehou is, is voor jou neergesit. Eet dit, want dit is vir hierdie geleentheid vir jou gebêre, al vandat ek gesê het, ‘Ek nooi die volk uit.’ ” Saul het toe daardie dag saam met Samuel geëet. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die kok het die boud vleis gebring en hy het dit voor Samuel neergesit. Samuel het vir Saul gesê: “Kyk, ons het hierdie vleis apart gehou, ek sit dit voor jou neer. Jy moet dit eet, want ons het dit vir jou gebêre sodat jy dit vandag saam met die gaste kan eet.” Saul het toe daardie dag saam met Samuel geëet. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die kok bring toe die skenkel en sit dit voor Saul neer. “Dit het oorgebly,” sê Samuel. “Eet gerus, want dit is toe ek die mense genooi het, al spesiaal vir jou gebêre.” Saul het daardie dag saam met Samuel geëet. |