1 Samuel 9:22 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Samuel het Saul en sy dienaar geneem en hulle in die sitkamer gebring en hulle laat sit op die hoogste plek onder die genooides, omtrent dertig mense.
Afrikaans (NLV) 2011 Samuel neem toe vir Saul en die jong man na die eetvertrek en laat hulle op ’n ereplek sit saam met die ongeveer 30 genooides.
Afrikaans 1933/1953 Verder het Samuel Saul en sy dienaar geneem en hulle in die kamer gebring en hulle 'n plek gegee aan die hoof van die genooides, wat omtrent dertig man was.
Afrikaans 1983 Samuel het Saul en sy slaaf saamgevat en hulle na die eetplek toe gebring. Hy het hulle 'n ereplek onder die genooides gegee. Daar was omtrent dertig man.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Samuel het toe Saul en sy handlanger geneem en hulle in die eetvertrek ingebring. Hy het aan hulle 'n ereplek onder die genooides gegee. Daar was ongeveer dertig man.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Samuel het Saul en sy slaaf saamgeneem en hy het hulle in die eetplek gebring. Daar was omtrent 30 gaste, en Samuel het vir Saul en sy slaaf laat sit op die belangrikste plekke.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Samuel vat toe vir Saul en sy werker saam na die saal toe en gee vir hulle die belangrikste plek tussen die sowat 30 gaste.