1 Samuel 9:21 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Saul het geantwoord en gesê: Is ek nie 'n Benjaminiet, uit die kleinste van die stamme van Israel nie? en my geslag die geringste van al die geslagte van die stam van Benjamin? waarom spreek jy dan so met my?
Afrikaans (NLV) 2011 Saul antwoord hom: “Ek is maar net ’n Benjaminiet, die kleinste stam in Israel. My familie is boonop die geringste van al die families van ons stam! Hoekom praat u so met my?”
Afrikaans 1933/1953 En Saul antwoord en sê: Is ek nie 'n Benjaminiet, uit een van die kleinste van die stamme van Israel, en my geslag die geringste uit al die geslagte van die stam van Benjamin nie? Waarom spreek u dan so met my?
Afrikaans 1983 En Saul antwoord: “Ek is maar net 'n Benjaminiet, uit die swakste stam van Israel. Boonop is my familie die kleinste in die stam Benjamin! Waarom praat u so met my?”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Saul het egter daarop gereageer en gesê: “Is ek nie maar net 'n Benjaminiet, uit die kleinste van die stamme van Israel, en is my familiegroep nie die kleinste van al die familiegroepe van die stam van Benjamin nie? Waarom sê u so iets vir my?”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Saul het vir Samuel gesê: “Ek is van die Benjamin-stam, die kleinste van die stamme van Israel, en my familie is minder belangrik as al die ander families in die Benjamin-stam. Hoekom sê jy hierdie dinge vir my?”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Waarom sê u so iets vir my?” vra Saul. “Ek is maar net iemand van die Benjaminstam, die kleinste van die stamme van Israel, en my familie is die onbelangrikste van al die families van Benjamin.”