1 Samuel 9:20 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En wat jou esels betref wat drie dae gelede verlore gegaan het, moenie daarop let nie; want hulle is gevind. En op wie is al die begeerte van Israel? Is dit nie op jou en oor jou hele huis nie?
Afrikaans (NLV) 2011 En moet jou nie meer bekommer oor jou pa se donkies wat drie dae gelede weggeraak het nie, want hulle is alreeds gevind. Die hoop van die hele Israel is egter op jou en jou familie gerig.”
Afrikaans 1933/1953 En wat die esels betref wat jy vandag al drie dae gelede vermis het -- bekommer jou daar nie oor nie, want hulle is gevind. Maar aan wie behoort al wat begeerlik is in Israel? Is dit nie aan jou en jou hele familie nie?
Afrikaans 1983 Jou donkies is vandag al drie dae weg. Jy moet jou egter nie oor hulle bekommer nie, want hulle is gekry. Maar aan wie behoort die kosbaarste goed in die hele Israel? Is dit nie aan jou en jou hele familie nie?”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Wat die donkiemerries betref waarna jy vandag drie dae lank al op soek is: Moet jou nie oor hulle bekommer nie, want hulle is gevind. Maar aan wie behoort al die kosbaarhede van Israel? Is dit nie aan jou en jou familie nie?”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Jy moenie bekommerd wees oor die donkies wat drie dae gelede weggeraak het nie. Die mense het hulle gekry. Maar al die Israeliete wag dat jy en jou familie hulle moet help.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Oor die donkies wat drie dae gelede weggeraak het, hoef jy jou nie te bekommer nie, hulle is gekry. Maar wie is die belangrikste in Israel? Is dit nie jy en jou hele familie nie?”