1 Samuel 9:19 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Samuel het Saul geantwoord en gesê: Ek is die siener; trek voor my uit na die hoogte; want julle sal vandag saam met My eet, en môre sal Ek jou laat gaan en jou alles vertel wat in jou hart is. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Ek is die siener!” antwoord Samuel. “Gaan solank voor my teen die hoogte uit na die offerplek toe. Daar sal ons saam eet. Môre-oggend sal ek vir jou sê wat jy wil weet en jou dan laat gaan. |
| Afrikaans 1933/1953 | Daarop het Samuel Saul geantwoord en gesê: Ek is die siener! Gaan voor my uit op na die hoogte, dan kan julle vandag saam met my eet; en ek sal jou môre vroeg laat gaan; en alles wat in jou hart is, sal ek jou te kenne gee. |
| Afrikaans 1983 | Samuel sê toe vir Saul: “Ek is die siener. Gaan saam met my na die hoogte toe. Julle moet vandag saam met my gaan eet. Môreoggend sal ek jou laat gaan. Oor alles wat jou kwel, sal ek jou inlig. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Daarop antwoord Samuel toe vir Saul en sê: “Ek is die siener. Gaan voor my op na die offerhoogte en eet vandag saam met my. Ek sal jou môreoggend wegsien en oor alles wat op jou hart druk, vir jou duidelikheid gee. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Samuel sê toe vir Saul: “Ek is die siener. Jy moet voor my loop na die offer-plek. Julle moet vandag saam met my eet. Ek sal jou môre-oggend laat gaan, en ek sal dan alles vir jou sê wat jy wil weet. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Ek is die siener,” antwoord Samuel. “Kom saam met my op na die offerplek en eet vandag saam met my. Ek sal jou môreoggend afsien, dan sal ek jou ’n geheim vertel. |