1 Samuel 9:17 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En toe Samuel Saul sien, sê die HERE vir hom: Hier is die man van wie Ek met jou gespreek het! Hy sal oor my volk heers.
Afrikaans (NLV) 2011 Toe Samuel vir Saul sien, sê die Here vir hom: “Dit is die man waarvan Ek jou vertel het. Hy sal oor my volk regeer.”
Afrikaans 1933/1953 Toe Samuel vir Saul sien, het die HERE hom geantwoord: Hier is die man van wie Ek jou gesê het: Hy sal oor my volk heers.
Afrikaans 1983 Net toe Samuel vir Saul sien, het die Here vir hom gesê: “Dit is die man van wie Ek jou gesê het hy sal oor my volk regeer.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Toe Samuel vir Saul sien, het die Here hom verseker: “Hier is die man van wie Ek vir jou gesê het, ‘Dit is hy wat oor my volk beheer sal uitoefen.’ ”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Toe Samuel vir Saul sien, het die Here vir Samuel gesê: “Hier is die man oor wie Ek met jou gepraat het. Dit is hý wat oor my volk sal regeer.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Toe Samuel Saul sien, sê die Here vir hom: “Die man van wie Ek gesê het, ‘hy sal my volk regeer,’ dis hý daardie.”