1 Samuel 9:16 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Môre omtrent hierdie tyd sal Ek vir jou 'n man uit die land Benjamin stuur, en jy moet hom salf as owerste oor my volk Israel, dat hy my volk uit die hand van die Filistyne kan red; want Ek het dit gesien.
Afrikaans (NLV) 2011 “Môre omtrent hierdie tyd sal Ek ’n man uit Benjamin na jou toe stuur. Salf hom tot leier van my volk Israel. Hy sal hulle red van die mag van die Filistyne, want Ek het die nood van my volk raakgesien en hulle hulpgeroep gehoor.”
Afrikaans 1933/1953 M“re sulke tyd sal Ek 'n man uit die land Benjamin na jou stuur wat jy moet salf as 'n vors oor my volk Israel; en hy sal my volk verlos uit die hand van die Filistyne. Want Ek het my volk aangesien, omdat sy geroep na My gekom het.
Afrikaans 1983 “Môre teen hierdie tyd sal Ek 'n man uit die gebied van Benjamin na jou toe stuur. Jy moet hom tot regeerder oor my volk Israel salf. Hy sal my volk red uit die mag van die Filistyne, want Ek het op my volk ag geslaan. Ja, hulle hulpgeroep het My bereik.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “Môre teen hierdie tyd sal Ek 'n man uit die landstreek van Benjamin na jou stuur. Jy moet hom salf as 'n leier oor my volk Israel, sodat hy my volk kan verlos uit die hand van die Filistyne. Want Ek het my volk raakgesien, ja, hulle hulpgeroep het My bereik.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) “Ek sal môre omtrent hierdie tyd 'n man na jou toe stuur uit die land Benjamin. Jy moet hom salf om koning te wees oor my volk Israel, sodat hy my volk kan red van die Filistyne. Want Ek het gesien hoe dit met my volk gaan, en Ek het gehoor toe hulle geskree het en gevra het dat Ek hulle moet help.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Môre, omtrent hierdie tyd, sal Ek ’n man na jou stuur uit die stamgebied van Benjamin. Salf hom as ’n leier vir my volk Israel. Hy sal my volk vrymaak van die mag van die Filistyne. Hulle het My gesmeek om hulle te help en Ek weet goed in watter moeilikheid hulle is.”