1 Samuel 9:14 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hulle het in die stad opgetrek, en toe hulle in die stad inkom, kom Samuel tegee hulle uit om na die hoogte op te gaan.
Afrikaans (NLV) 2011 Hulle het teen die steilte opgegaan. Toe hulle die dorp binnekom, kom Samuel hulle tegemoet terwyl hy op pad was om op te gaan na die hoogte toe.
Afrikaans 1933/1953 En hulle het opgegaan na die stad. Toe hulle op die punt was om binne-in die stad te gaan, kom Samuel meteens uit hulle tegemoet om op te gaan na die hoogte.
Afrikaans 1983 Hulle is na die stad toe en toe hulle die stad ingaan, kom Samuel juis in hulle rigting om na die hoogte toe op te gaan.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hulle het toe na die dorp opgegaan. Terwyl hulle die dorp binnegaan, kom Samuel juis in hulle rigting uit om na die offerhoogte op te gaan.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Saul en die slaaf het toe na die stad gegaan, en toe hulle in die stad kom en begin rondkyk, kom Samuel daar aan om op te gaan na die offer-plek.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hulle gaan toe na die dorp toe, en net toe hulle op die dorpsplein kom, loop hulle vir Samuel, wat op pad is na die offerplek toe, raak.