1 Samuel 9:13 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Sodra julle in die stad ingaan, sal julle hom dadelik vind voordat hy na die hoogte opgaan om te eet; want die volk sal nie eet voordat hy kom nie, omdat hy die offer seën; en daarna eet hulle die genooides. Staan dan nou op; want omtrent hierdie tyd sal julle hom vind. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Wanneer julle die dorp binnegaan, sal julle hom kry net voor hy teen die hoogte opgaan om daar te eet. Die mense sal nie eet voordat hy opgedaag het om die offer te seën nie. Daarna sal die genooides eet. Gaan dadelik op daarheen, want hy sal nou daar wees.” |
| Afrikaans 1933/1953 | As julle die stad ingaan, sal julle hom net aantref voordat hy opgaan na die hoogte om te eet; want die volk eet nie voordat hy kom nie, want hy seën die offer; daarna eet die genooides; gaan dan nou op, want julle sal hom nou juis aantref. |
| Afrikaans 1983 | Wanneer julle die stad binnegaan, sal julle hom kry net voor hy na die hoogte toe opgaan om te eet. Die mense eet nie voor hy gekom het nie, want hy moet die offer seën. Daarna eet die genooides. Gaan dadelik, want julle sal hom nou daar kry.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Sodra u die dorp binnegaan, sal u hom teëkom voordat hy na die offerhoogte opgaan om te eet; want die mense eet nie voordat hy kom nie, omdat hy die een is wat die offer moet seën. Eers daarna eet die genooides. Gaan dan op, want u sal hom nou daar aantref.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Wanneer julle by die stad kom, dan sal julle hom kry voordat hy na die offer-plek gaan om saam met die mense te gaan eet. Die mense eet nie voordat hy gekom het nie, want hý moet eers vir die Here dankie sê vir die offer-ete, en daarna eet die gaste. Maar julle moet nou gaan, dan sal julle hom daar kry.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Nes julle die dorp ingaan, sal julle hom kry voor hy na die offerplek toe opgaan om saam met die mense die offervleis te eet. Die mense eet nie voor hy kom nie, want hy moet die offer seën. Eers dan eet die gaste. As julle nou dadelik gaan, sal julle hom kry.” |