1 Samuel 9:12 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hulle het hulle geantwoord en gesê: Hy is; kyk, Hy is voor julle; maak gou, want Hy het vandag in die stad gekom; want daar is vandag 'n offer van die volk op die hoogte. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Ja,” antwoord hulle. “Kyk, hy is net daar voor julle in die dorp. Maar maak gou, want hy het vandag hierheen gekom om deel te neem aan die volk se offer op die hoogte. |
| Afrikaans 1933/1953 | En die antwoord hulle en sê: Daar is hy voor jou; maak nou gou, want vandag het hy in die stad gekom, omdat die volk vandag 'n offer op die hoogte het. |
| Afrikaans 1983 | Hulle het geantwoord: “Hy is daar in die stad voor u. Maak gou! Hy het vandag na hierdie stad toe gekom, want die volk bring vandag 'n offer op die hoogte. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die meisies het hulle geantwoord en gesê: “Hy is. Kyk, daar voor u! Maak nou gou! Want hy het juis vandag na die dorp gekom, omdat daar vandag vir die volk 'n •maaltydoffer op die •offerhoogte is. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die meisies het geantwoord: “Ja, hy is hier voor. Hy het vandag na die stad gekom, want die mense moet vandag 'n offer bring op die offer-plek. Julle moet gou maak. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Ja,” antwoord die meisies. “Hy is net voor julle. Maar julle moet gou maak; hy het net vandag na ons dorp toe gekom, want die mense offer vandag by die offerplek. |