1 Samuel 9:11 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En terwyl hulle teen die heuwel opgaan na die stad, kry hulle jongmeisies wat uitgaan om water te skep, en hulle sê vir hulle: Is die siener hier? |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Terwyl hulle teen die steilte opgaan na die dorp toe, kom hulle meisies teë wat op pad was om water te gaan haal. Hulle vra vir die meisies: “Is die siener hier?” |
| Afrikaans 1933/1953 | Terwyl hulle die opdraand na die stad opgaan, kom hulle meisies teë wat uitgaan om water te put, en vra vir hulle: Is die siener hier? |
| Afrikaans 1983 | Terwyl hulle die opdraand na die stad toe opgaan, het hulle meisies teëgekom wat gaan water skep het, en vir hulle gevra: “Is die siener hier?” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Terwyl hulle oploop na die dorp, teen die opdraand uit, kom hulle meisies teë wat uitgaan om water te skep. Hulle vra toe vir hulle: “Is die siener hier?” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Terwyl hulle teen die heuwel opgaan na die stad, kry hulle meisies wat uitgaan om water te skep. Hulle het vir die meisies gevra: “Is die siener hier?” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Terwyl hulle teen die bult opgaan na die dorp toe, kom hulle meisies teë wat gaan water skep. Hulle vra hulle toe: “Is die siener hier?” |