1 Samuel 9:1 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En daar was 'n man van Benjamin met die naam van Kis, die seun van Abiël, die seun van Seror, die seun van Begorat, die seun van Afia, 'n Benjaminiet, 'n magtige man.
Afrikaans (NLV) 2011 Daar was ’n welvarende man uit die stam van Benjamin. Sy naam was Kis. Hy was die seun van Abiël en kleinseun van Seror, uit die familie van Bekorat en die familiegroep van Afiag.
Afrikaans 1933/1953 En daar was 'n man van Benjamin met die naam van Kis, die seun van Ab¡ël, die seun van Seror, die seun van Begorat, die seun van Af¡ag, 'n Benjaminiet, 'n vermoënde man.
Afrikaans 1983 Daar was 'n man uit Benjamin. Sy naam was Kis, en hy was 'n seun van Abiël seun van Seror, seun van Bekorat, seun van Afiag. Hy was 'n Benjaminiet en 'n ryk man.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Daar was 'n man uit Benjamin. Sy naam was Kis, 'n seun van Abiël, seun van Seror, seun van Bekorat, seun van Afiag. Hy was 'n Benjaminiet, 'n vermoënde man.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Daar was 'n man van die Benjamin-stam. Sy naam was Kis, en hy was die seun van Abiël seun van Serur seun van Bekorat seun van Afiag. Hy was 'n belangrike man in die Benjamin-stam.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) In die Benjaminstreek was daar ’n man met die naam Kis. Sy pa, Abiël, en dié se voorouers, Seror, Bekorat en Afiag, het aan die Benjaminstam behoort. Kis was ’n ryk man.