1 Samuel 8:9 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Luister dan nou na hulle stem; maar protesteer tog plegtig teen hulle en maak hulle die reg van die koning wat oor hulle sal regeer, te kenne. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Doen soos hulle vra, maar waarsku hulle ernstig oor wat ’n koning met hulle sal doen.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Luister dan nou na hulle: jy moet hulle net ernstig waarsku en hulle die reg van die koning meedeel wat oor hulle sal regeer. |
| Afrikaans 1983 | Gee nou maar toe aan hulle versoek. Stel die saak net baie duidelik aan hulle: sê vir hulle wat die reg van die koning is wat oor hulle sal regeer.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Luister dan nou na hulle. Maar jy moet hulle net ernstig waarsku, en aan hulle die regte verduidelik van die koning wat oor hulle gaan regeer. ” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Maar nou moet jy doen wat hulle vra. Jy moet hulle net eers ernstig waarsku en vir hulle sê wat die koning alles mag doen, die koning wat oor hulle sal regeer.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Doen wat hulle sê, maar waarsku hulle ernstig en sê vir hulle wat die regte is van die koning wat oor hulle gaan heers.” |