1 Samuel 8:8 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Volgens al die werke wat hulle gedoen het van die dag af dat Ek hulle uit Egipte laat optrek het tot vandag toe, waarmee hulle My verlaat en ander gode gedien het, so doen hulle ook met jou.
Afrikaans (NLV) 2011 Sedert Ek hulle uit Egipte verlos het, het hulle My aanhoudend verwerp en ander gode gedien. Nou maak hulle net so met jou ook.
Afrikaans 1933/1953 Soos al die werke wat hulle gedoen het, van die dag af dat Ek hulle uit Egipte laat optrek het tot vandag toe, dat hulle My verlaat en ander gode gedien het -- so doen hulle ook met jou.
Afrikaans 1983 Hulle het nou ook met jou gemaak wat hulle met My gedoen het sedert Ek hulle uit Egipte laat trek het tot nou toe: hulle het My verlaat en ander gode gedien.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Dit stem ooreen met al die dade wat hulle gedoen het, van die dag dat Ek hulle uit Egipte laat optrek het tot vandag toe: Hulle het My verlaat en ander gode gedien. Presies so maak hulle nou ook met jou.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hulle het dit gedoen vandat Ek hulle uit Egipte gebring het tot vandag toe. Hulle het My gelos en hulle het ander gode gedien, en nou doen hulle dieselfde met jou.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hulle doen maar net wat hulle nog altyd gedoen het vandat Ek hulle uit Egipte laat trek het: hulle draai die rug vir My en dien ander gode. Hulle behandel jou nou net so.