1 Samuel 8:6 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar die saak was verkeerd in die oë van Samuel toe hulle gesê het: Gee vir ons 'n koning om ons te oordeel. En Samuel het tot die HERE gebid. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Samuel was baie ontsteld oor hierdie versoek en het eers die Here gaan raadpleeg. |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar die woord was verkeerd in die oë van Samuel toe hulle gesê het: Gee ons 'n koning om ons te rig, en Samuel het tot die HERE gebid. |
| Afrikaans 1983 | Maar vir Samuel was dit verkeerd dat hulle gesê het: “Gee ons tog 'n koning om oor ons te regeer.” Samuel het tot die Here gebid, |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Dit was egter verkeerd in die oë van Samuel dat hulle gesê het: “Gee vir ons 'n koning om ons te rig.” Samuel het toe tot die Here gebid. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Samuel het gedink die leiers doen baie verkeerd toe hulle gevra het dat 'n koning oor hulle moet regeer. Samuel het tot die Here gebid, |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Samuel het niks gehou van die idee dat hulle gesê het: “Gee vir ons ’n koning om ons regter te wees,” nie. Hy het toe by die Here raad gaan vra. |