1 Samuel 8:5 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hy sê vir hom: Kyk, jy is oud, en jou seuns wandel nie in jou weë nie; maak nou vir ons 'n koning om ons te oordeel soos al die nasies. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Kyk,” sê hulle vir hom, “u is nou al bejaard en u seuns volg nie u voorbeeld nie. Stel vir ons ’n koning aan soos die gebruik is by al die ander nasies.” |
| Afrikaans 1933/1953 | en sê vir hom: Kyk, u is oud, en u seuns wandel nie in u weë nie; stel nou 'n koning oor ons aan om ons te rig soos by al die nasies. |
| Afrikaans 1983 | Hulle het vir hom gesê: “Kyk, u het oud geword. U kinders is nie soos u nie. Stel nou liewer 'n koning oor ons aan om oor ons te regeer, soos dit by al die nasies is.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hulle het vir hom gesê: “Kyk, u het oud geword, en u seuns volg nie in u voetspore nie. Stel dan nou vir ons 'n koning aan om ons te rig, soos dit by al die nasies is. ” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | en vir hom gesê: “Kyk, jy is al oud, en jou seuns doen nie soos jy nie. Jy moet nou vir ons 'n koning kies en aanstel om oor ons te regeer, dit is so by al die ander volke.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hulle sê vir hom: “U het oud geword en u seuns volg nie u voorbeeld nie. Stel dan nou ’n koning oor ons aan om ons regter te wees soos dit die geval is by al die ander nasies.” |