1 Samuel 8:3 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En sy seuns het nie in sy weë gewandel nie, maar agter gewin afgewyk en omkoopgeskenke aangeneem en die oordeel verdraai.
Afrikaans (NLV) 2011 Hulle het anders as Samuel opgetree en was ingestel op eie gewin en omkopery, en selfs in die regspraak was hulle korrup.
Afrikaans 1933/1953 Maar sy seuns het nie in sy weë gewandel nie: hulle het onregverdige wins agternageloop en omkoopgeskenke aangeneem en die reg verdraai.
Afrikaans 1983 Maar Samuel se seuns was nie soos hy nie: hulle het hulle verryk ten koste van ander, het omkoopgeskenke aangeneem en die regspraak verdraai.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Sy seuns het egter nie in sy voetspore gevolg nie. Hulle was uit op winsbejag, het omkoopgeskenke aanvaar en het die reg verdraai.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Maar Samuel se seuns het nie gedoen soos hy nie. Hulle het gedoen wat die beste was vir hulleself. Hulle het ook omkoopgeld geneem en nie reg ge-oordeel nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Maar hulle het nie hulle pa se voorbeeld gevolg nie. Die twee was net daarop uit om geld te maak. Hulle het omkoopgeskenke by die mense gevat en in die hof sommer net gesê waarvan die mense gehou het.