1 Samuel 8:18 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En julle sal in dié dag uitroep ter wille van julle koning wat julle vir julle verkies het; en die HERE sal in dié dag nie na jou luister nie.
Afrikaans (NLV) 2011 “Wanneer dit gebeur, sal julle om hulp roep oor die koning wat julle verkies het, maar dan sal die Here julle nie antwoord nie.”
Afrikaans 1933/1953 En in die dag sal julle roep vanweë jul koning wat julle vir jul verkies het, en die HERE sal julle in die dag nie verhoor nie.
Afrikaans 1983 “Daardie dag sal julle om hulp roep vanweë julle koning vir wie julle verkies het, maar dan sal die Here julle nie antwoord nie.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Julle sal op daardie dag om hulp roep oor julle koning wat julle vir julle verkies het, maar die Here sal julle op daardie dag nie verhoor nie.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Dan sal julle bid en vra dat die Here julle moet help teen die koning wat julle wou hê, maar die Here sal julle nie antwoord nie.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) As julle dan in die toekoms by die Here smeek om tog net ontslae te raak van die koning wat julle gekies het, sal Hy nie julle gebede verhoor nie.”