1 Samuel 8:11 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hy sê: Dit sal die manier wees van die koning wat oor julle sal regeer: Hy sal julle seuns neem en hulle vir hom aanstel, vir sy strydwaens en om sy ruiters te wees; en sommige sal voor sy strydwaens hardloop. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Dis hoe ’n koning met julle sal maak,” sê hy. “Die koning sal die reg hê om julle seuns op te roep vir sy diens, sommige by sy wa en perderuiters, ander om voor sy wa uit te hardloop. |
| Afrikaans 1933/1953 | En hy het gesê: Dit sal die reg wees van die koning wat oor julle sal regeer: Julle seuns sal hy neem en hulle vir homself aanstel by sy wa en by sy perde, dat hulle voor sy wa uit hardloop; |
| Afrikaans 1983 | Hy het gesê: “Dit sal die reg wees van die koning wat oor julle sal regeer: julle seuns sal hy vat en party by sy wa en perderuiters aanstel, party om voor sy wa uit te hardloop, |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hy het gesê: “Dit sal die regte van die koning wees wat oor julle gaan regeer: Julle seuns sal hy vat en hulle vir hom aanstel by sy strydwa en sy span perde. Hulle sal voor sy strydwa uit moet hardloop. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hy het gesê: “Die koning wat oor julle sal regeer, mag baie dinge doen: Hy sal julle seuns vat en hy sal hulle aanstel by sy oorlogkarre of om op sy perde te ry of om voor sy oorlogkar te hardloop. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | en toe bygevoeg: “Die koning wat oor julle gaan heers, sal die reg hê om julle seuns diensplig te laat doen in sy strydwamag en in sy troepe wat op perde ry. Hulle sal as boodskappers voor sy strydwa moet hardloop. |