1 Samuel 7:9 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Samuel het 'n suiglam geneem en dit as 'n brandoffer geheel en al aan die HERE geoffer, en Samuel het die HERE aangeroep vir Israel; en die HERE het hom verhoor. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Samuel neem toe ’n lam, offer dit as ’n brandoffer vir die Here en pleit dat die Here Israel teen die Filistyne sal help. En die Here het sy gebed verhoor. |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe het Samuel 'n suiglam geneem en dit as 'n brandoffer in sy geheel aan die HERE geoffer, en Samuel het die HERE aangeroep vir Israel; en die HERE het hom verhoor. |
| Afrikaans 1983 | Samuel het 'n suiplam gevat en dit in sy geheel aan die Here as brandoffer geoffer. Hy het ook die Here om hulp gesmeek vir Israel, en die Here het sy gebed verhoor. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Samuel het toe 'n suiplam geneem en dit as 'n volledige •brandoffer aan die Here gebring. Samuel het tot die Here om hulp geroep ter wille van Israel, en die Here het hom verhoor. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Samuel het 'n lam geneem wat nog aan sy ma gedrink het en hy het die lam ge-offer. Dit was 'n brand-offer vir die Here. Samuel het gebid en gevra dat die Here hulle moet help, en die Here het geluister na sy gebed. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Samuel het ’n lam wat nog aan sy ma drink, gevat en die hele lam vir die Here op die altaar verbrand. Hy het die Here se hulp vir die Israeliete gevra, en die Here het sy gebed verhoor. |