1 Samuel 7:8 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe sê die kinders van Israel vir Samuel: Moenie ophou om die HERE onse God oor ons aan te roep nie, dat Hy ons uit die hand van die Filistyne sal verlos.
Afrikaans (NLV) 2011 “Bid tog ernstig by die Here ons God om ons van die Filistyne te verlos!” smeek hulle vir Samuel.
Afrikaans 1933/1953 En die kinders van Israel sê aan Samuel: Laat nie nom die HERE onse God vir ons aan te roep nie, dat Hy ons uit die hand van die Filistyne verlos.
Afrikaans 1983 Die Israeliete sê toe vir Samuel: “Moenie ophou om die Here ons God vir ons om hulp te smeek nie, sodat Hy ons uit die mag van die Filistyne kan red.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die Israeliete sê toe vir Samuel: “Moet tog nie oor ons stilbly en ophou om tot die Here om hulp te roep nie, sodat Hy ons uit die hand van die Filistyne kan verlos.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) en hulle het vir Samuel gesê: “Jy moenie ophou om vir ons te bid tot die Here ons God nie. Jy moet vir Hom vra om ons te help en om ons te red van die Filistyne.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hulle het vir Samuel gesê: “Moet asseblief nie ophou om vir ons by die Here te pleit dat Hy ons teen die Filistyne help nie.”