1 Samuel 7:7 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe die Filistyne hoor dat die kinders van Israel in Mispa bymekaar was, het die vorste van die Filistyne teen Israel opgetrek. En toe die kinders van Israel dit hoor, was hulle bang vir die Filistyne.
Afrikaans (NLV) 2011 Toe die Filistynse heersers hoor dat die hele Israel by Mispa bymekaargekom het, het hulle teen Israel opgetrek. Die Israeliete was baie bang vir die Filistyne.
Afrikaans 1933/1953 Toe die Filistyne hoor dat die kinders van Israel by Mispa saamgekom het, het die vorste van die Filistyne teen Israel opgetrek. En die kinders van Israel het dit gehoor en bevrees geword vir die Filistyne.
Afrikaans 1983 Die Filistyne het verneem dat die Israeliete by Mispa bymekaargekom het, en die Filistynse regeerders het teen hulle opgetrek. Toe die Israeliete dit hoor, was hulle bang vir die Filistyne.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Toe die Filistyne hoor dat die Israeliete by Mispa byeengekom het, het die heersers van die Filistyne teen Israel opgetrek. Die Israeliete het dit gehoor en bang geword vir die Filistyne.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Filistyne het gehoor dat die Israeliete in Mispa bymekaargekom het, en die leiers van die Filistyne het na die Israeliete toe gekom. Toe die Israeliete dit sien, het hulle bang geword vir die Filistyne
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Toe die Filistyne hoor dat die Israeliete in Mispa saamgekom het, het die regeerders van die stadstate besluit om teen die Israeliete te gaan oorlog maak. Die Israeliete het dit gehoor en was bang vir die Filistyne.