1 Samuel 7:5 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe sê Samuel: Versamel die hele Israel in Mispa, en ek sal vir julle tot die HERE bid. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Toe sê Samuel vir hulle: “Die hele Israel moet by Mispa bymekaarkom. Dan sal ek vir julle tot die Here bid.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Verder het Samuel gesê: Versamel die hele Israel by Mispa, dan sal ek tot die HERE vir julle bid. |
| Afrikaans 1983 | Toe sê Samuel: “Die hele Israel moet by Mispa bymekaarkom, dan sal ek vir julle tot die Here bid.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Samuel sê toe: “Bring die hele Israel by Mispa byeen, dan sal ek vir julle tot die Here bid.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Samuel het gesê: “Julle moet al die Israeliete by die stad Mispa laat bymekaarkom, dan sal ek tot die Here bid vir julle.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Samuel sê toe: “Laat al die Israeliete by Mispa bymekaarkom, dan sal ek vir julle by die Here pleit.” |