1 Samuel 7:3 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Samuel het met die hele huis van Israel gespreek en gesê: As julle julle tot die HERE bekeer met julle hele hart, verwyder dan die vreemde gode en Astartes onder julle uit, en berei julle harte tot die HERE voor en dien Hom alleen. Hy sal jou red uit die hand van die Filistyne.
Afrikaans (NLV) 2011 Toe sê Samuel vir die hele volk Israel: “As julle regtig ernstig is om na die Here terug te keer, moet julle ontslae raak van die vreemde gode en die beelde van Astarte. As julle besluit om net die Here te dien, sal Hy julle red van die Filistynse onderdrukking.”
Afrikaans 1933/1953 Maar Samuel het met die hele huis van Israel gespreek en gesê: As julle met jul hele hart julle tot die HERE bekeer, verwyder dan die vreemde gode en die Astartes onder julle uit, en rig julle hart op die HERE en dien Hom alleen; dan sal Hy julle red uit die hand van die Filistyne.
Afrikaans 1983 en Samuel het vir hulle gesê: “As julle met julle hele hart na die Here terugkom, moet julle alle vreemde gode tussen julle uit verwyder, ook die Astartes. Rig julle harte op die Here en dien Hom alleen. Dan sal Hy julle red uit die mag van die Filistyne.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Samuel het toe vir die hele huis van Israel gesê: “As julle met julle hele hart na die Here wil terugkeer, verwyder dan die vreemde gode uit julle midde, en ook die Astartes. Rig julle hart op die Here en dien Hom alleen, sodat Hy julle kan red uit die hand van die Filistyne.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Samuel het vir al die Israeliete gesê: “As julle met julle hele hart terugkom na die Here toe, en julle gooi die gode van ander volke weg en ook die Astartes, en as julle net vir die Here lief is en julle dien net vir Hom, dan sal Hy julle red van die Filistyne.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Samuel sê toe vir hulle: “As julle regtig ernstig is om na die Here toe terug te kom, moet julle ontslae raak van die vreemde gode en godinne wat julle het. Wees getrou aan die Here en dien Hom alleen, dan sal Hy julle vrymaak uit die mag van die Filistyne.”