1 Samuel 7:2 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En terwyl die ark in Kirjat-Jeárim gebly het, was die tyd lank; want dit was twintig jaar, en die hele huis van Israel het agter die HERE aan geweeklaag. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die ark het vir ’n lang tyd, vir twintig jaar, in Kirjat-Jearim gebly. Die hele Israel het by die Here begin kla oor hulle lot. |
| Afrikaans 1933/1953 | En van die dag af dat die ark in Kirjat-Je rim gebly het, het daar geruime tyd verloop -- dit was twintig jaar -- en die hele huis van Israel het agter die HERE aan geweeklaag. |
| Afrikaans 1983 | Vandat die ark in Kirjat-Jearim 'n staanplek gekry het, het daar 'n lang tyd verloop, twintig jaar. Toe het al die Israeliete by die Here gekla oor hulle verdrukking, |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Vanaf die dag dat die ark in Kirjat-Jearim 'n tuiste gevind het, het daar 'n lang tyd verloop – twintig jaar. Die hele huis van Israel wou toe weer die Here volg. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die kis van die Here het lank in Kirjat-Jearim gebly, dit was 20 jaar daar. Al die Israeliete het gehuil en getreur en hulle het gevra dat die Here hulle moet help teen die Filistyne. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die ark het ’n lang tyd, seker twintig jaar, in Kirjat-Jearim gebly. Al die Israeliete het gedurig by die Here gaan kla. |