1 Samuel 7:17 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En sy terugkeer was na Rama; want daar was sy huis; en daar het hy Israel gerig; en hy het daar 'n altaar vir die HERE gebou. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Daarna het hy teruggekeer na Rama toe waar hy gewoon het en daar ook as regter opgetree. Samuel het in Rama ’n altaar vir die Here gebou. |
| Afrikaans 1933/1953 | Dan gaan hy na Rama terug, want daar was sy huis; en daar het hy Israel gerig en daar vir die HERE 'n altaar gebou. |
| Afrikaans 1983 | Daarna het hy weer na Rama toe teruggegaan waar sy huis was, en ook dáár het hy Israel se hofsake verhoor. Daar het hy ook 'n altaar vir die Here gebou. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | voordat hy teruggekeer het na Rama; want sy huis was daar. Daar het hy Israel gerig en daar het hy vir die Here 'n altaar gebou. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Daarna het hy dan teruggegaan na Rama, want sy huis was daar en hy was daar ook die regter. Hy het daar in Rama 'n altaar gebou vir die Here. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Nadat hy by al die plekke was, het hy teruggegaan Rama toe, waar hy gebly het. Daar het hy ’n altaar vir die Here gebou en die Israeliete kon ook dáár hoor wat die wil van die Here is. |