1 Samuel 7:16 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hy het van jaar tot jaar rondgetrek na Bet-el en Gilgal en Mispa en Israel op al daardie plekke gerig. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hy het elke jaar rondgegaan, eers by Bet-El, dan by Gilgal en daarna by Mispa, waar hy geskille aangehoor het. |
| Afrikaans 1933/1953 | Hy het van jaar tot jaar rondgetrek na Bet-el en Gilgal en Mispa, en Israel op al hierdie plekke gerig. |
| Afrikaans 1983 | Hy het van tyd tot tyd rondgegaan, by Bet-El, Gilgal en Mispa. By al hierdie plekke het hy Israel se hofsake verhoor. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hy het van jaar tot jaar rondgegaan by Bet-El, Gilgal en Mispa, en Israel op al hierdie plekke gerig |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hy het elke jaar by die stede Bet-El en Gilgal en Mispa gekom en hy was by al hierdie plekke die regter van die Israeliete. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hy het elke jaar Bet-El, Gilgal en Mispa toe gegaan en by al die altare na die Israeliete se regsake geluister en vir hulle gesê wat die Here se uitspraak is. |