1 Samuel 7:13 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die Filistyne is onderwerp, en hulle het nie meer in die gebied van Israel gekom nie; en die hand van die HERE was teen die Filistyne al die dae van Samuel.
Afrikaans (NLV) 2011 Die Filistyne is verslaan en het Israel vir ’n lang tyd nie weer binnegeval nie. Solank Samuel gelewe het, het die Here Israel teen hulle beskerm.
Afrikaans 1933/1953 En die Filistyne is verneder, sodat hulle verder nie meer die gebied van Israel binnegekom het nie, en die hand van die HERE was teen die Filistyne al die dae van Samuel.
Afrikaans 1983 Die Filistyne is verslaan en het nie weer in die gebied van Israel gekom nie. Die Here was teen die Filistyne so lank as Samuel geleef het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die Filistyne is op hulle knieë gedwing en hulle het nie weer in die gebied van Israel gekom nie. Die hand van die Here was teen die Filistyne so lank as wat Samuel geleef het.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Filistyne het die oorlog verloor en hulle het nie weer in die Israeliete se land gekom nie. Die Here het die Filistyne laat swaarkry al die jare wat Samuel gelewe het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die Filistyne is op hulle plek gesit en het nie weer op Israel se grond gekom nie, want solank Samuel geleef het, het die Here hulle laat swaarkry.