1 Samuel 7:10 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En terwyl Samuel besig was om die brandoffer te bring, het die Filistyne nader gekom om teen Israel te veg; en hulle is voor Israel verslaan. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Terwyl Samuel nog besig was om te offer, kom die Filistyne daar aan om teen Israel te veg. Maar die Here het ’n groot donderstorm laat losbars. Dit het die Filistyne verwar sodat Israel hulle verslaan het. |
| Afrikaans 1933/1953 | Want onderwyl Samuel die brandoffer bring en die Filistyne nader kom om teen Israel te veg, het die HERE dit die dag met 'n groot geluid laat donder oor die Filistyne, en Hy het hulle in verwarring gebring, sodat hulle verslaan is voor Israel. |
| Afrikaans 1983 | Samuel was nog besig om te offer, toe kom die Filistyne nader om teen Israel te veg. Op daardie dag het die Here 'n groot donderweer oor die Filistyne laat losbars. Die Here het hulle verwar, en hulle is deur die Israeliete verslaan. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Terwyl Samuel nog die brandoffer bring, het die Filistyne nader beweeg vir die geveg teen Israel. Maar die Here het op daardie dag harde donderslae laat dreun oor die Filistyne en hulle verwar. Hulle is toe voor Israel uit verslaan. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Samuel was besig om die brand-offer vir die Here te bring, toe kom die Filistyne nader om oorlog te maak teen die Israeliete. Die Here het daardie dag 'n harde donderslag oor die Filistyne laat slaan, en Hy het hulle baie bang laat word. Die Israeliete het gewen teen die Filistyne. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Samuel was nog besig om die lam te verbrand, toe begin die Filistyne al met die geveg. Op daardie oomblik het die Here harde donderslae bokant die Filistyne laat slaan. Dit het hulle só deurmekaar gemaak dat hulle die geveg teen die Israeliete verloor het. |