1 Samuel 7:1 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die manne van Kirjat-Jeárim het gekom en die ark van die HERE gaan haal en dit in die huis van Abinadab op die heuwel gebring en sy seun Eleasar geheilig om die ark van die HERE te bewaar. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die inwoners van Kirjat-Jearim het toe gekom om die ark van die Here weg te neem. Hulle het dit na die huis van Abinadab wat op ’n heuwel gestaan het, gebring. Hulle het ook sy seun Eleaser aangestel om daarna om te sien. |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe het die manne van Kirjat-Je rim gekom en die ark van die HERE gaan haal en dit in die huis van Abin dab op die heuwel gebring; en hulle het sy seun Ele sar geheilig om die ark van die HERE te bewaak. |
| Afrikaans 1983 | Die mense van Kirjat-Jearim het toe gekom. Hulle het die ark van die Here gaan haal en dit na die huis van Abinadab op die heuwel gebring. Hulle het sy seun Eleasar gewy om die ark van die Here op te pas. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die manne van Kirjat-Jearim het toe gekom. Hulle het met die ark van die Here opgegaan en dit na die huis van Abinadab op die heuwel geneem. Hulle het Eleasar, sy seun, gewy om die ark van die Here op te pas. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die manne van Kirjat-Jearim het toe gekom en hulle het die kis na die huis van Abinadab gebring. Die huis was op die heuwel. Hulle het Abinadab se seun Eleasar gewy om die kis van die Here op te pas. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die mense van Kirjat-Jearim het toe die ark gaan haal en hom na Abinadab, wat op ’n bult gebly het, gevat. Hulle het vir sy seun Eleasar gesê om niks anders te doen nie as om net die ark van die Here op te pas. |