1 Samuel 6:9 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En kyk, as dit opgaan met die pad van sy eie kusgebied na Bet-Semes, dan het hy ons hierdie groot onheil aangedoen; maar so nie, dan sal ons weet dat dit nie sy hand is wat ons getref het nie; dit was 'n kans wat gebeur het vir ons.
Afrikaans (NLV) 2011 As hulle oor ons land se grens gaan in die rigting van Bet-Semes, sal ons weet dit was die Here wat hierdie groot ramp oor ons gebring het. As hulle nie soontoe gaan nie, sal ons weet dat die plaag blote toeval was en dat dit glad nie die Here was wat dit gestuur het nie.”
Afrikaans 1933/1953 En let op: As dit in die rigting van sy eie gebied na Bet-Semes opgaan, dan het Hy ons hierdie groot onheil aangedoen; maar so nie, dan weet ons dat sy hand ons nie getref het nie: dit het toevallig oor ons gekom.
Afrikaans 1983 En let op: as dit met die pad langs na sy gebied toe in Bet-Semes gaan, dan het die Here ons hierdie groot kwaad aangedoen. So nie, dan weet ons dat dit nie Hy was nie; dan was dit maar iets wat toevallig gebeur het.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) maar hou dit dop: As dit met die pad na sy gebied opgaan, na Bet-Semes toe, is dit Hy wat hierdie groot ramp oor ons gebring het. Indien nie, sal ons weet dat dit nie sy hand was wat ons getref het nie; dit het dan toevallig met ons gebeur.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Julle moet kyk waarnatoe die koeie en die wa gaan. As die wa gaan na die stad Bet-Semes in die land van die Here, dan sal ons weet dit is die Here wat ons so swaar laat kry het. As die wa nie daarnatoe gaan nie, dan sal ons weet dit is nie die Here wat ons laat swaarkry het nie, dit het sommer met ons gebeur.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) en kyk waarheen die koeie loop. As hulle na die plek toe gaan waar die ark vandaan kom, na Bet-Semes se kant toe, dan weet ons dit is die God van Israel wat hierdie groot moeilikheid oor ons gebring het. As hulle nie daarheen loop nie, dan weet ons dat dit nie Hy was wat ons so hard geslaan het nie, maar dat dit bloot toevallig met ons gebeur het.”