1 Samuel 6:8 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En neem die ark van die HERE en sit dit op die wa neer; en sit die goue juwele wat julle hom as skuldoffer teruggee, in 'n kissie langsaan; en stuur dit weg, dat dit kan gaan.
Afrikaans (NLV) 2011 Sit die ark van die Here op die wa. Julle moet die goue muise en swere in ’n houer sit en dit langs die ark op die wa laai. Dan moet julle die koeie toelaat om te gaan waar hulle wil.
Afrikaans 1933/1953 Neem dan die ark van die HERE en sit dit op die wa, en die goue voorwerpe wat julle Hom as skuldoffer teruggee, moet julle in 'n kissie langsaan neerlê; stuur dit dan weg om heen te gaan.
Afrikaans 1983 Vat dan die ark van die Here en sit dit op die wa. Die goue voorwerpe wat julle as geskenk aan die Here gee, moet julle langs die ark in 'n kissie neersit. Los dan die wa dat hy loop.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Neem dan die ark van die Here en plaas dit op die wa. Die goue voorwerpe wat julle vir die Here as skadevergoeding teruggee, moet julle langsaan in 'n saalsak neersit. Stuur die ark dan weg, laat dit gaan;
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Dan moet julle die kis van die Here neem en julle moet dit op die wa sit. Julle moet die goue goed in die wa-kis sit langs die kant van die wa. Die goue goed is die skuld-offer wat julle moet saamstuur. Dan moet julle die wa en die koeie laat gaan.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Vat die ark en sit dit op die wa. Sit dan die goue beeldjies waarmee julle die God van Israel betaal vir die skade, in ’n sak langs die kis. Los dan die wa