1 Samuel 6:7 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maak dan nou 'n nuwe wa en neem twee melkkoeie waarop geen juk gekom het nie, en bind die koeie aan die wa en bring hulle kalwers van hulle huis toe. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Bou nou ’n nuwe wa en kry twee koeie wat pas gekalf het en nog nooit ingespan is nie. Span die koeie in, maar hou hulle kalwers op hok. |
| Afrikaans 1933/1953 | Neem dan nou wat nodig is en maak 'n nuwe wa; ook twee melkkoeie waar geen juk op gekom het nie; span dan die koeie in voor die wa en keer hulle kalwers agter hulle weg huis toe. |
| Afrikaans 1983 | “Maak dan nou 'n nuwe wa en vat twee koeie wat in die melk is en nog nie ingespan was nie. Span hulle in voor die wa en keer hulle kalwers af kraal toe. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Kry dan nou 'n nuwe wa gereed, asook twee koeie in die melk wat nog nie onder die juk was nie. Span die koeie dan voor die wa in, maar keer hulle kalwers agter hulle weg huis toe. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Dit is wat julle nou moet doen: Julle moet 'n nuwe wa neem en twee koeie wat kalwers het en wat nog nooit 'n wa getrek het nie. Die koeie moet die wa trek, en julle moet die kalwers by die huis hou. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Kry ’n nuwe wa reg en twee koeie wat in melk is, maar wat nog nooit ingespan is nie. Span die koeie voor die wa, maar keer die kalwers af stal toe. |