1 Samuel 6:5 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Daarom moet julle beelde maak van julle slypers en beelde van julle muise wat die land verwoes; en julle moet aan die God van Israel eer gee; miskien sal Hy sy hand van julle en van julle gode en van julle land af verlig.
Afrikaans (NLV) 2011 Sodoende sal julle eer betoon aan die God van Israel. Dalk sal Hy dan ophou om julle, julle gode en julle land te teister.
Afrikaans 1933/1953 Maak dan beelde van julle geswelle en beelde van julle muise wat die land verniel, en gee eer aan die God van Israel; miskien sal Hy sy hand ligter maak oor julle en julle gode en julle land.
Afrikaans 1983 Maak afbeeldings van julle swere en van die muise wat die land verniel het, en gee eer aan die God van Israel; miskien sal sy hand dan nie langer swaar op julle lê nie, ook nie op julle gode en op julle land nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Maak dan nou afbeeldings van julle swelsels en van die muise wat julle land verniel en betoon daardeur eer aan die God van Israel. Miskien maak Hy dan sy hand ligter oor julle, julle gode en julle land.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Julle moet beelde van die sere maak en ook beelde van die muise wat alles in die land opvreet, en julle moet dit vir die God van Israel gee om Hom te eer. Miskien sal Hy julle en julle gode en julle land dan nie meer laat swaarkry nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Maak beeldjies van die swere en van die rotte wat julle land verniel, en erken só dat die God van Israel ’n magtige God is. Miskien sal Hy julle en julle gode en julle land dan nie meer laat swaarkry nie.