1 Samuel 6:4 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe sê hulle: Wat sal die skuldoffer wees wat ons aan hom moet teruggee? Hulle het geantwoord: Vyf goue slokdiere en vyf goue muise, volgens die getal van die vorste van die Filistyne, want een plaag was oor julle almal en oor julle HERE. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Watter soort skuldoffer moet ons stuur?” vra die Filistyne. “Aangesien die plaag julle en julle vyf heersers getref het,” antwoord hulle, “moet julle vyf goue swere en vyf goue muise maak, net soos dié wat julle land laat swaarkry het. |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe vra hulle: Wat is die skuldoffer wat ons Hom moet teruggee? En hulle sê: Volgens die getal van die vorste van die Filistyne: vyf goue geswelle en vyf goue muise, want dit is een plaag oor hulle almal en oor julle vorste. |
| Afrikaans 1983 | Die Filistyne vra hulle toe: “Watter geskenk moet ons daarmee saamstuur?” en hulle antwoord: “Goue afbeeldings van vyf pesswere en van vyf muise, volgens die getal Filistynse regeerders, want die plaag was een en dieselfde vir almal, ook vir die regeerders. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die Filistyne vra toe: “Wat is die skadevergoeding wat ons vir Hom moet terugstuur?” Hulle antwoord was: “In ooreenstemming met die getal Filistynse heersers, vyf swelsels van goud en vyf muise van goud, want een en dieselfde plaag het julle almal en ook al julle regeerders getref. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Filistyne het gevra: “Wat is die skuld-offer wat ons vir Hom moet stuur?” En die priesters en waarsêers het gesê: “Julle moet vyf goue sere en vyf goue muise saamstuur, want die Filistyne het vyf leiers en hulle was almal ook siek soos julle. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hulle vra toe: “Waarmee moet ons vir die skade betaal?” Die waarsêers antwoord: “Met vyf goue swere en vyf goue rotte, want daar is vyf Filistynse regeerders, en dieselfde plaag het julle en julle vyf regeerders getref. |