1 Samuel 6:21 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hulle het boodskappers na die inwoners van Kirjat-Jeárim gestuur om te sê: Die Filistyne het die ark van die HERE teruggebring; kom af en haal dit by jou op. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hulle stuur toe boodskappers na die inwoners van Kirjat-Jearim en sê vir hulle: “Die Filistyne het die ark van die Here teruggestuur. Kom haal dit asseblief hier!” |
| Afrikaans 1933/1953 | Daarom het hulle boodskappers gestuur na die inwoners van Kirjat-Je rim om te sê: Die Filistyne het die ark van die HERE teruggebring; kom af, bring dit op na julle toe. |
| Afrikaans 1983 | Hulle het boodskappers gestuur na die inwoners van Kirjat-Jearim toe om te sê: “Die Filistyne het die ark van die Here teruggebring. Kom vat dit na julle toe.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hulle stuur toe boodskappers na die inwoners van Kirjat-Jearim met die versoek: “Die Filistyne het die ark van die Here teruggebring. Kom af hierheen en neem dit op na julle.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hulle stuur toe boodskappers na die mense van die stad Kirjat-Jearim en sê vir hulle: “Die Filistyne het die kis van die Here teruggebring. Julle moet dit kom haal en na julle toe neem.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hulle het vir die mense van Kirjat-Jearim laat weet: “Die Filistyne het die ark van die Here teruggebring. Kom haal hom, asseblief.” |