1 Samuel 6:2 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die Filistyne het die priesters en die waarsêers geroep en gesê: Wat moet ons met die ark van die HERE doen? sê vir ons waarmee ons dit na sy plek sal stuur.
Afrikaans (NLV) 2011 Toe roep die Filistyne hulle priesters en waarsêers bymekaar en vra vir hulle: “Wat moet ons doen met die ark van die Here? Sê vir ons hoe ons dit na sy eie plek toe kan terugstuur.”
Afrikaans 1933/1953 het die Filistyne die priesters en die waarsêers geroep en gesê: Wat moet ons met die ark van die HERE doen? Gee ons te kenne waarmee ons dit na sy plek kan wegstuur.
Afrikaans 1983 het die Filistyne hulle priesters en waarsêers ontbied en gevra: “Wat moet ons met die ark van die Here doen? Sê vir ons hoe ons dit na sy eie plek toe kan terugstuur.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) het die Filistyne die priesters en waarsêers ontbied en gesê: “Wat moet ons met die ark van die Here maak? Maak aan ons bekend waarmee ons dit na sy plek toe moet terugstuur.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Toe het die Filistyne hulle priesters en waarsêers geroep en vir hulle gevra: “Wat moet ons doen met die kis van die Here? Sê vir ons wat ons moet saamstuur wanneer ons dit terugstuur na sy plek.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) toe laat die Filistyne hulle priesters en waarsêers kom en vra vir hulle: “Wat moet ons doen met die ark van die Here? Sê vir ons waarmee ons hom moet terugstuur na sy plek toe.”