1 Samuel 6:19 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hy het die manne van Bet-Semes verslaan, omdat hulle in die ark van die HERE gekyk het, ja, hy het van die volk vyf-en-sestig man verslaan; slagting. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die Here het egter 70 man van Bet-Semes laat sterf omdat hulle die ark van die Here bekyk het. Die inwoners het gerou omdat die Here so baie mense laat sterf het. |
| Afrikaans 1933/1953 | En Hy het onder die mense van Bet-Semes 'n slagting aangerig; Hy het naamlik onder die volk sewentig man en vyftig duisend man gedood, omdat hulle die ark van die HERE bekyk het; en die volk het getreur, omdat die HERE 'n groot slagting onder die volk aangerig het. |
| Afrikaans 1983 | Maar die Here het die inwoners van Bet-Semes getref omdat hulle die ark bekyk het. Hy het sewentig man onder hulle laat sterf. Toe het hulle gerou omdat die Here hulle so swaar getref het. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Maar die Here het van die inwoners van Bet-Semes getref, omdat hulle die ark van die Here bekyk het. Hy het sewentig man van die bevolking getref. Die volk het getreur, omdat die Here so 'n groot slagting onder die volk aangerig het. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die mense van die stad Bet-Semes het gekyk na die kis van die Here, en toe het die Here 70 van hulle laat sterf. Die mense van Bet-Semes het gehuil en getreur omdat die Here so baie van hulle laat sterf het |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die Here het die mense van Bet-Semes swaar gestraf omdat hulle in die ark geloer het. Hy het 70 van die 5 000 inwoners laat doodgaan. Die mense van Bet-Semes het gehuil omdat die Here hulle so hard geslaan het. |