1 Samuel 6:17 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En dit is die goue sarkels wat die Filistyne as skuldoffer aan die HERE teruggegee het; vir Asdod een, vir Gasa een, vir Askelon een, vir Gat een, vir Ekron een;
Afrikaans (NLV) 2011 Die vyf swere wat die Filistyne as ’n skuldoffer aan die Here gestuur het, was geskenke van elkeen van die heersers van Asdod, Gasa, Askelon, Gat en Ekron.
Afrikaans 1933/1953 En dit is die goue geswelle wat die Filistyne as 'n skuldoffer aan die HERE teruggegee het: vir Asdod een, vir Gasa een, vir Askelon een, vir Gat een, vir Ekron een.
Afrikaans 1983 Die geskenk wat die Filistyne aan die Here gegee het, die goue afbeeldings van die swere, was een vir Asdod, een vir Gasa, een vir Askelon, een vir Gat en een vir Ekron.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Dit was die goue swelsels wat die Filistyne as skadevergoeding aan die Here gestuur het: een vir Asdod, een vir Gasa, een vir Askelon, een vir Gat en een vir Ekron.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die skuld-offer wat die Filistyne vir die Here gestuur het, was vyf goue sere, een seer vir elke stad. Die stede was Asdod, Gasa, Askelon, Gat en Ekron.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die vyf goue beeldjies van die swelsels waarmee die Filistyne die Here wou betaal, is gegee in die plek van die vyf groot dorpe van die Filistyne: Asdod, Gasa, Askelon, Gat en Ekron.