1 Samuel 6:14 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die wa het in die veld van Josua, 'n Bet-Semiet, gekom en daar gaan staan, waar 'n groot klip was; en hulle het die hout van die wa gekloof en die koeie as brandoffer aan die HERE gebring.
Afrikaans (NLV) 2011 Die wa het tot by die landerye van ’n man met die naam Josua gekom en by ’n groot rots gaan staan. Toe kap die mense die wa stukkend vir vuurmaakhout, slag die koeie en offer dit as ’n brandoffer vir die Here.
Afrikaans 1933/1953 En die wa het by die land van Josua van Bet-Semes gekom en daar gaan staan; daar was 'n groot klip, en hulle het die hout van die wa gekloof en die koeie as 'n brandoffer aan die HERE geoffer.
Afrikaans 1983 Die wa het tot by die grond van Josua van Bet-Semes gekom en daar gaan staan. Dáár was 'n groot klip. Hulle het die hout van die wa stukkend gekap en die koeie as brandoffer aan die Here geoffer.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Toe die wa aankom by die land van Josua, 'n man van Bet-Semes, het dit daar gaan staan. Daar was 'n groot klip, en hulle het die hout van die wa opgekap en die koeie as 'n •brandoffer aan die Here geoffer.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die wa het gekom tot by die grond van Josua van Bet-Semes, en daar het die wa gaan staan. Daar was 'n groot klip. Die mense van Bet-Semes het die hout van die wa stukkend gekap en hulle het die koeie ge-offer vir die Here.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die koeie het met die wa gaan staan by die land van Josua van Bet-Semes. Daar was ’n klipplaat. Hulle kap toe die wa stukkend en offer die twee koeie daar vir die Here.