1 Samuel 6:13 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die van Bet-Semes was besig om hul koring-oes in die dal te oes, en hulle het hul oë opgeslaan en die ark gesien en was bly om dit te sien.
Afrikaans (NLV) 2011 Die inwoners van Bet-Semes was besig om koring in die vallei te oes. Toe hulle die ark sien, het hulle gejuig.
Afrikaans 1933/1953 En die mense van Bet-Semes was juis besig om die koringoes af te sny in die laagte. Toe hulle dan hul oë opslaan en die ark gewaar, was hulle bly om dit te sien.
Afrikaans 1983 Die mense van Bet-Semes was besig om koring te oes in die laagte, en toe hulle opkyk, sien hulle die ark. Hulle was bly om dit te sien.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die mense van Bet-Semes was besig om die koringoes in die vallei in te samel. Toe hulle opkyk, sien hulle die ark. Hulle was bly om dit te sien.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die mense van Bet-Semes was besig om koring af te sny in die vallei. Toe hulle opkyk en hulle sien die kis, was hulle baie bly.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die mense van Bet-Semes was in die vallei besig om koring te oes. Toe hulle opkyk en die ark op die wa sien, was hulle bly.