1 Samuel 6:11 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hulle het die ark van die HERE op die wa neergelê, en die kissie saam met die goue muise en die beelde van hulle slyphorings. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die ark van die Here en die kis met die goue muise en swere is op die wa gelaai. |
| Afrikaans 1933/1953 | En hulle het die ark van die HERE op die wa gesit en die kissie met die goue muise en die beelde van hulle geswelle. |
| Afrikaans 1983 | en die ark van die Here op die wa gesit, ook die kissie met die goue muise en die afbeeldings van die swere. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hulle het die ark van die Here op die wa gesit, en ook die saalsak met die goue muise en die afbeeldings van hulle swelsels. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hulle het die kis van die Here op die wa gesit en hulle het die goue muise en die beelde van die sere in die wa-kis gesit. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hulle sit die ark van die Here op die wa en ook die sak met die goue rotte en die beeldjies van die swelsels. |