1 Samuel 5:9 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En dit was so dat, nadat hulle dit rondgevoer het, die hand van die HERE teen die stad was met 'n baie groot verwoesting; dele. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Daar aangekom, het die Here weer die mense, oud en jonk, met ’n plaag getref. Daar het groot paniek geheers. |
| Afrikaans 1933/1953 | En nadat hulle dit oorgebring het, was die hand van die HERE teen die stad met 'n baie groot verwarring, en Hy het die mense van die stad getref, van die kleinste tot die grootste, sodat geswelle aan hulle uitgebreek het. |
| Afrikaans 1983 | en nadat hulle dit gedoen het, het die Here 'n baie groot beroering in die stad veroorsaak. Hy het die mense van die stad, klein en groot, met 'n plaag getref. Ook by húlle het daar pesswere uitgebreek. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Maar nadat hulle dit verskuif het, was die hand van die Here teen die stad. Daar het baie groot paniek geheers. Hy het die mense van die stad getref, klein en groot, en swelsels het op hulle uitgebreek. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | maar nadat hulle dit daarnatoe geneem het, het die Here almal in die stad baie bang laat word. Hy het almal in die stad, kinders en grootmense, siek laat word. Daar het sere op hulle gekom. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Maar toe die ark daar aankom, was daar groot moeilikheid op die dorp. Die Here het hulle hard geslaan en al die dorp se mense, groot en klein, vol swere gemaak. |