1 Samuel 5:8 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Hulle het toe gestuur en al die vorste van die Filistyne by hulle laat versamel en gesê: Wat moet ons met die ark van die God van Israel doen? En hulle antwoord: Laat die ark van die God van Israel na Gat rondgevoer word. En hulle het die ark van die God van Israel daarheen gebring. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hulle roep toe die leiers van die vyf Filistynse stede bymekaar en vra hulle: “Wat moet ons doen met die ark van die God van Israel?” Die leiers het die saak bespreek en geantwoord: “Neem dit na die stad Gat.” Hulle neem toe die ark van die God van Israel na Gat toe. |
| Afrikaans 1933/1953 | Daarom het hulle al die vorste van die Filistyne by hulle byeen laat kom en gevra: Wat moet ons met die ark van die God van Israel doen? En die het gesê: Laat die ark van die God van Israel oorgaan na Gat toe. Daarop het hulle die ark van die God van Israel oorgebring. |
| Afrikaans 1983 | Hulle het boodskappers gestuur en al die regeerders van die Filistyne in Asdod laat bymekaarkom en gevra: “Wat moet ons maak met die ark van die God van Israel?” Die regeerders het gesê: “Die ark van die God van Israel moet na Gat toe gevat word.” Hulle het toe die ark van die God van Israel daarheen gebring, |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hulle het al die Filistynse regeerders ontbied en by hulle byeengebring. Hulle vra toe: “Wat moet ons doen met die ark van die God van Israel?” Hulle antwoord was: “Die ark van die God van Israel moet na Gat verskuif word.” Hulle het toe die ark van die God van Israel verskuif. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hulle het toe al die leiers van die Filistyne laat bymekaarkom en vir hulle gevra: “Wat moet ons doen met die kis van die God van Israel?” Die leiers het gesê: “Julle moet die kis van die God van Israel na die stad Gat neem.” Hulle het die kis van die God van Israel na Gat geneem, |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hulle roep toe die vyf regeerders van die Filistynse stadstate in Asdod bymekaar en vra: “Wat moet ons doen met die ark van die God van Israel?” Die regeerders sê toe: “Stuur die ark Gat toe.” Hulle vat toe die ark soontoe. |