1 Samuel 5:7 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En toe die manne van Asdod sien dat dit so was, het hulle gesê: Die ark van die God van Israel mag nie by ons bly nie, want sy hand is swaar teen ons en oor ons god Dagon. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Toe die Asdodiete besef wat gebeur, het hulle gesê: “Ons kan die ark van die God van Israel nie meer hier hou nie! Israel se God is teen ons en Hy sal ons en ons god Dagon swaar straf.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe die manne van Asdod sien dat dit so gaan, sê hulle: Die ark van die God van Israel mag nie by ons bly nie, want sy hand druk swaar op ons en op ons god Dagon. |
| Afrikaans 1983 | Toe die mense van Asdod sien dat dit so gaan, sê hulle: “Die ark van die God van Israel mag nie by ons bly nie, want sy hand lê swaar op ons en ons god Dagon.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Toe die manne van Asdod sien wat gebeur, sê hulle: “Die ark van die God van Israel kan nie by ons bly nie, want sy hand rus swaar op ons en op Dagon, ons god.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Toe hulle sien wat gebeur het, het die mense van Asdod gesê: “Die kis van die God van Israel moenie by ons bly nie, want Hy laat ons en ons god Dagon baie swaar kry.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Toe die mense van Asdod sien wat gebeur, sê hulle: “Die ark van die God van Israel mag nie hier by ons bly nie, want die hand van hierdie God is hard teen ons en ons god Dagon.” |